| die Uitverkiesing :Website Builder |
| Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die wêreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing |
| Wat van Johannes 17:12 ? |
|
Wat Van Johannes 17:12? "Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word". Dit was die pynlike en smartlike vir die Here Jesus dat een van die wat die Vader aan Hom as apostel gegee het, verlore gegaan het. Wanneer Jesus dan ook praat van Judas as .,seun van die verderf", dui dit nie daarop dat hy vir die Verderf bedoel en bestem was nie? "Seun van die verderf" gee nie Judas se bestemming aan nie, maar wel die toestand waarin hy is. Iemand kan alleen na die verderf verwys word of daarvoor kwalifiseer weens sy sondes en misdade, en nie omdat hy vir die verderf bestem is deur God nie. So word Judas dan "seun van die verderf" genoem, nie omdat daar vooraf oor sy verderf besluit is nie, maar omdat hy die verderf oor homself gehaal het deur sy eie doen en late. Dit gaan in hierdie teksvers nie soseer oor die lot van. Judas nie, as oor dit wat Jesus oorgekom en ervaar het met betrekking tot Judas. In al hierdie Skrifgedeeltes word nooit gesê dat Judas Iskariot verkies was tot verraad, nie. Van 'n verkiesing of bestemming tot die kwade word ook hier nie gespreek nie. So iets bestaan nie in die Bybel nie! Die mens wat hom van Jesus Christus distansieer en. oorgawe aan Hom weier, val in die mag van satan en gaan heen na sy eie plek en kom nie op die plek wat Jesus vir hom bedoel het nie. So is dit die geval met Judas Iskariot.
|
| Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017 |
